Namibiese premier spreek medelye uit oor vloedslagoffers

Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het haar medelye uitgespreek met die familie van die man en seun wie se liggame by die Pionier Seunskool in die hoofstad gevind is. Hul liggame is glo meegesleur in die Gammamsrivier ná Woensdag se stortreën en vloede. Van die elf straatkinders wat as vermis aangemeld is, is intussen gevind.

Sy sê die regering se nooddienste is gereed om te reageer op noodsituasies soos vloede.