NASA vervaardig suurstof op Mars

NASA het weer ‘n eerste vir ruimte eksplorasie aangeteken in sy sending na Mars. Koolstof dioksied is omgeskakel in bruikbare suurstof. ‘n Toestel op Perseverance het die lug uit die dun atmosfeer van die rooi planeet ingeneem en so aangepas. Die toestel, genaamd MOXIE het 5 gram suurstof so vervaardig wat ‘n ruimtevaarder genoeg suurstof vir 10 minute sal verskaf. NASA sê dit is merkwaardig dat natuurlike hulpbronne op ‘n ander planeet benut kan word vir menslike gebruik. Die meganisme is elektrolise wat basies hoë hitte gebruik om suurstof atome van koolstof dioksied skei. Koolstof dioksied maak 95 persent van Mars se atmosfeer uit.