Nasa-ruimtetuig die ruimte ingestuur

‘n Nasa-ruimtetuig met die naam Lucy is van Kaap Carnaveral die ruimte ingeskiet op ‘n sending van twaalf jaar om agt asteroïedes te verken. Aan boord is ‘n skyf met diamante wat in ‘n laboratorium gekweek is vir gebruik in wetenskaplike instrumente. Die ruimtetuig is vernoem na die 3,2-miljoen jaar oue geraamte van ‘n menslike voorouer wat bykans vyftig jaar gelede in Ethiopië ontdek is. Die Beatles se dromspeler, Ringo Starr, het in ‘n voorafopgeneemde video hulde gebring aan sy ontslape mede-orkeslid, John Lennon, wat die skrywer is van die liedjie Lucy in the Sky with Diamonds, en wat gehelp het met die inspirasie vir die sending.