Johnson oor aanval op Britse parlementslid

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het ‘n krans by die kerk gelê waar ‘n lid van die Parlement Vrydag doodgesteek is. Die polisie sê die terreur-aanval kan waarskynlik aan Islamitiese ekstremisme verbind word. Die aanval op David Amess, ‘n lid van die Konserwatiewe Party, het plaasgevind vyf jaar ná ‘n soortgelyke voorval toe Jo Cox ,’n politikus van die opposie Arbeidersparty, vermoor is. Dit het gelei tot ‘n hersiening van die sekuritieitsmaatreëls vir verkose politici. Die polisie het ‘n 25-jarige Britse man op die toneel aangekeer waar Amess dood is.