Almal berei voor die orkaan Ian 

Florida, Kuba en Jamaika staal hulle vir die ergste nadat die tropiese storm Ian tot ‘n orkaan opgradeer is. Amerika se Nasionale Orkaansentrum beskryf die verskynsel as ‘n lewensbedreigende storm met orkaansterkte wind, terwyl inwoners van Tamba-baai in Florida aan die kus van die Golf opdrag gegee is om hulle huise te ontruim. Ontruimings het ook in Kuba en die Kaaiman-eilande begin. Die storm gaan na verwagting binne die volgende 24 uur ‘n beduidende orkaan word en Florida se goewerneur, Ron DeSantis, het reeds ‘n noodtoestand afgekondig.