Nasa gaan opname van wêreld se oseane, mere en riviere doen

‘n Nasa-geleide internasionale satellietsending sal die eerste keer ‘n omvattende opname van die wêreld se oseane, mere en riviere doen. Volgens berigte sal ‘n Falcon 9-vuurpyl, wat besit en bedryf word deur die maatskappy SpaceX van die miljardêr Elon Musk, vandag vanaf die Vandenberg-lugmagbasis in Amerika opstyg om die vuurpyl, SWOT, in ‘n wentelbaan te plaas. Die opname sal in Suid-Kalifornië plaasvind en het ten doel om meganika en die gevolge van klimaatsverandering te belig. Die satelliet sal na verwagting binne ʼn paar maande navorsingsdata lewer.