Elton Jantjies slaan nuwe blaadjie om by Franse rugbyklub

Elton Jantjies, die Springbok-rugbyspeler wat die afgelope paar maande opslae in die nuus gemaak het nadat sy beweerde verhouding met die Bokke se dieetkundige op die lappe gekom het, het tydens ‘n mediakonferensie gesê hy sit alles agter hom en begin op ‘n skoon bladsy. Jantjies het by die Franse rugbyklub, Agen Rugby in die Pro D2, aangesluit nadat sy pad met die Japannese Red Hurricanes-klub geskei het. Die losskakel het erg onder kritiek deurgeloop nadat hy erken het dat hy en Zeenat Simjee, die Bokke se dieetkudinge, al sedert 2019 ‘n verhouding het. Zeenat ontken die bewerings en sê Jantjies is gesien met iemand wat “soos sy lyk”.