Eskom stel City Power effe vry van kragonderbrekings

Eskom in Gauteng het die Stad Johannesburg se kragentiteit, City Power, vrygestel van ‘n mate van die kragonderbrekings. Dit is geldig vir groot dele van die stad wat aansienlike kragverlies ervaar het. Eskom se woordvoerder, Amanda Qithi, sê die uitstel volg op City Power se versoek namens die gebiede wat ernstig geraak is deur die onlangse vloede en storms.