Boelies: ons moeet daaroor praat

Die kwessie van boelies by skole is weer in die nuus na ‘n 15-jarige leerder van Limpopo verlede week in hegtenis geneem is vir die aanranding op ‘n ander meisie wat vermoedelik as gevolg daarvan haar eie lewe geneem het. Die voorval is op video vasgelê en het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Volgens ‘n stigterslid van die 1000 Women Trust in die buurland, Tina Thiart, is daar ‘n sterk verband tussen afknouery en geestesgesondheid. Sy sê skole moet ‘n doeltreffende beleid in plek stel en moet met kinders praat oor wat as afknouery beskou word:

Thiart sê gemeenskappe moet ook betrokke raak en kinders leer om vir ander in die bres te tree. Die Onderwys Aktivis, Hendrick Makaneta, wil hê die regering moet leerderondersteuningsagente by skole aanstel om die kwessie te hanteer: