Napoleon-hoed behaal rekord N$38,6 miljoen op Parys-veiling

ʼn Swart hoed wat Napoleon Bonaparte gedra het toe hy die Franse keiserryk in die 19de eeu regeer het, is by ʼn veiling in Parys vir 38,63 miljoen Namibiese dollar verkoop. Osenat-afslaers sê die hoed is een van 20 wat oor is van die 120 wat die Franse militêre kommandeur glo in sy leeftyd besit het. Die koper wil anoniem bly. Dit kom in afwagting van Ridley Scott se Napoleon-fliek met Joaquin Phoenix in die hoofrol wat hierdie maand vrygestel word. 

Foto: Al Jazeera