Napha vaar uit teen Okonjima

Aanmerkings deur die Okonjima Natuurreservaat het reaksie van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging ontlok. Okonjima het ‘n fondsinsameling vir sy renosters van stapel gestuur en gesê dat sy diere teen onder andere, jagters beskerm. Napha meen die plasing op Okonjima se sosiale media-platforms versprei vals inligting oor die bydrae van jag teenoor bewaring. Die president van Napha, Danene van die Westhuizen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…