200 000 seervarende personeel gestrand

Meer as 200 000 seevarende personeel sit vas op skepe regoor die wêreld as gevolg van die pandemie. Internasionale nuusagentskappe berig dat die Internasionale Arbeidsorganisasie sê die jongste syfers is in Junie vanjaar vasgestel en dat geslote grense en kwarantyn-maatreëls verhoed dat die mense hulle skepe kan verlaat. ‘n Inspekteur by die organisasie Matt Purcell, sê daar is ‘n wanbalans in die magsverhouding tussen die maatskappye en die personeel en maatskappye beheer elke aspek van die vaartuie, insluitend wanneer die personeel die vaartuig kan verlaat.