Napha reageer op Belgiese verbod op invoer van jagtrofeë

België se parlement wil ook nou ‘n verbod plaas op die invoer van jagtrofeë van sekere diere. Die Belgiese federale parlement het  die voorstel vir ‘n resolusie goedgekeur met die oog op die verbod op die invoer van jagtrofeë van sekere dierspesies. Hierdie voorstel verbied die invoer van jagtrofeë van sekere diere in Afrika-diere, insluitend witrenosters, seekoeie, olifante, leeus, asook ‘n verskeidenheid kleiner wildsbokke. Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê in hul nuusbrief hierdie besluit sal ongetwyfeld negatiewe gevolge vir die Afrika-fauna en -flora inhou.