Sowat 1 000 matrikulante in ses provinsies kul

Onderwys-aktiviste doen ‘n beroep op die departement van basiese onderwys om matrieks ‘n kans te gee om die vraestelle wat geraak is, te herskryf in ‘n poging om hul beeld te red. Dit volg terwyl die departement besig is om matriekeksamen-bedrog waarby meer as 1 000 leerders in ses provinsies betrokke is, te ondersoek . Die bewerings is op die departement se WhatsApp-blitslyn aangemeld. Die onderwys-aktivis, Hendrick Makaneta, sê die departement moet ‘n klag indien teen alle partye wat betrek is.