Napha help korrupsie beveg

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het hom sterk uitgespreek in die stryd teen korrupsie. Napha sê daar is ‘n oorvloed tenders beskikbaar in kommunale bewaringsgebiede, wat ‘n wonderlike geleentheid is om buitelandse beleggers te lok wat daarin belangstel om hul finansies op ‘n bewarings-vriendelike manier te laat groei. In ‘n poging om Napha se deel te doen om Namibië ‘n meer beleggers-vriendelike land te maak, doen Napha ‘n beroep op sy lede om die Teenkorrupsiewet na te kom, en te help deur die Teen-korrupsie Kommissie in te lig van enige individue wat hulself skuldig maak aan oortredings.