Twee Namibiese skepe met mensehandel verbind

Die Namibiese polisie se woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het bevestig dat 48 persone Donderdag in Walvisbaai se hawe van twee plaaslik geregistreerde skepe ontruim is in vermoedelike gevalle van mensehandel. Die skepe behoort aan Nata Fishing Enterprises. Die direkteure staar klagte van die oortredings van arbeids- en immigrasiewetgewing in die gesig. Die bemanningslede sluit in 35 Filippyne, agt Namibiërs, vier elk Mosambiekers en Angolese, drie Indonesiërs en twee elk Taiwannese, Chinese en Viëtnamese. Die 48 bemanningslede wat ontruim is, het nie oor werksvisums beskik nie. Die polisie sal beslag op die skepe lê, sê Shikwambi aan Kosmos 94.1 Nuus.