Nanso teleurgesteld in NSFAF

Dylan Mukoroli, die Namibiese Nasionale Studente Organisasie Nanso se woordvoerder is teleurgesteld in die finansiële bestuur van die Namibiese Studente Hulpfonds. Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het die fonds se sake van 2011 tot 2019 ge-oudit en sê daar is geen finansiële stelsels by die fonds nie. Oor die afgelope 6 jaar het betaling aan raadslede stelselmatig gegroei met net minder as 250 000 dollar wat in 2014 uitbetaal is, 1 miljoen in 2015, 2,9 miljoen in 2016, 1,4 miljoen in 2017, net minder as ’n miljoen in 2018 en 1,3 miljoen in 2019. Mukoroli sê aan Kosmos 94.1 Nuus die strukturele beleide van finansiële verslae moet meer doeltreffend wees.