Vulkaan in DRK eis 15 lewens

Minstens 15 mense is dood en meer as 500 huise vernietig toe die vulkaan Nyirangongo naby die stad Goma in die Demokratiese Republiek die Kongo uitgebars het. Meer as vyfduisend mense het gevlug. Volgens die Verenigde Nasies se Kindersfonds is 170 kinders steeds vermis.