Nanso spog met nuwe webwerf en nuusbrief

Die leierskap van Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, stel môre sy inligtingskommunitasie-tegnologie-pakket in die hoofstad bekend. Die pakket sluit in Nanso se nuwe en opgeknapte webwerf, die eerste uitgawe van die nuusbrief, The Students’ Voice en die grafiese ontwerphandleiding in. By die bekendstelling sal die leierskap die belangrikheid van hierdie pakket beklemtoon, en ‘n oorsig gee van Nanso se algehele handelsmerk en beeld. Dorthea Nangolo, Nanso se sekretaris vir inligting, kommunikasie en tegnologie sê aan Kosmos 94.1 Nuus die bekendstelling vind môremiddag om twee-uur by die Nasionale Jeugraad plaas.