Eskom: Gebruik krag spaarsamig

Eskom doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om voort te gaan om krag spaarsaam te gebruik, aangesien beurtkrag vandag na fase vier verhoog is. ‘n Vervoerband wat steenkool in die Kendal-kragstasie ingevoer het, het vanoggend in die vroeë oggendure onklaar geraak. Die krag-uitset van die kragopwekkers is verminder om steenkool te bespaar, maar dit het die gebruik van brandstof-olie vereis om ketel-verbranding te onderhou. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die aanleg wat die eenhede van brandstof-olie voorsien, het ook probleme ondervind en is nie in bedryf nie.