Nanso sê Swapo moet in Biden se voetspore volg met studieskuld

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, verwelkom die inisiatief dat miljoene oud-studente in die VSA nou verligting sal kry met die terugbetaling van studielenings. Studie-skuld is ‘n groot uitdaging in die VSA met ongeveer 1,75 triljoen Amerikaanse dollar wat betaalbaar is deur miljoene oud-studente. President Joe Biden het aangekondig dat hy 10 000 Amerikaanse dollar van ongeveer 60 miljoen oud-studente se skuld onmiddellik sal krediteer terwyl rondom 40 miljoen, wat meer kwesbaar is, 20 000 dollar krediet sal ontvang. Dorothea Nangolo, Nanso se woordvoeder, sê dieselfde moet ook in Namibië gebeur.