Dos Santos: Nujoma verteenwoordig Namibië, Geingob bly tuis

Die Namibiese Presidensie sê President Hage Geingob sal nie die staatsbegrafnis van die ontslape Angolese president, Jose Eduardo dos Santos bywoon nie. Die oud-staatshoof word vandag in Angola, op wat sy 80ste verjaardag sou wees, ter ruste gelê. Intussen word daar berig dat die stigterspresident Sam Nujoma het reeds na Angola vertrek om die begrafnis by te woon. Hy is vergesel deur die sakevrou en politikus Martha Namundjebo-Tilahun. Dos Santos is op 8 Julie na ‘n langsiekbed in Barcelona, Spanje op die ouderdom vna 79 oorlede. Hy was van van 1979 tot 2017 die buurland se tweede president.