Blitsbokke verbrou in Los Angeles

Die Springbok-Sewes is uit die stryd om as wenners by die Los Angeles-sewes gekroon te word, nadat hulle twee van hulle Groep-B-wedstryde verloor het. Hulle het in die proses ook hullle status as voorlopers in die Wêreld-Sewes-reeks verloor. Die Blitsbokke het op ‘n teleurstellende noot in Los Angeles afgeskop toe Amerika hulle met 21-7 uitoorlê het. Hulle het daarna Kanada met 22-17 geklop, maar ‘n nederlaag van 17-14 teen Nieu-Zeeland het die verdedigende kampioen by Los Angeles en die 2022-Wêreldreeks van hulle titel beroof.