Nanso sê oor dronk leerders

Die Namibiese studente-organisasie, Nanso, het ook hul kommer uitgespreek oor alkohol- en dwelmisbruik onder leerders. Nanso se reaksie volg op die direkteur van onderwys in die Oshana-streek, Hileni Amukana, wat sê sy ontvang berigte dat leerders onder die invloed van drank en dwelms by skole opdaag. Daar is ook dié wat tussen klasse iets drink en rook. Sy sê van die leerders sê hulle kan dit nie deur die skooldag maak sonder ‘n sigaret of drankie nie. Dorothea Nangolo, Nanso se woordvoerder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n landwye probleem.