Bean-fietsongeluk weer in Okh-hof vandag

Jeff Clydon Gaweseb sal weer vandag in die  landdroshof op Okahandja verskyn in verband met die tref-en-trap-ongeluk op 11 November verlede jaar waarin die bekende fietsryer Christiaan Bean ernstig beseer is. Gaweseb, wat homself beskryf as ‘n Damara Punch-kunstenaar, staar vier klagte in die gesig. Hy het reeds in Februarie onskuldig gepleit. Die polisie se ondersoek is reeds voltooi en al Bean se mediese rekords is ook ingedien. Video’s wat op die toneel geneem is het ook verskeie drankbottels in en om Gaweseb se voertuig getoon. Hy het homself eers baie later aan owerhede aangemeld na hy die toneel gevlug het. Gawaseb neem sy eie regsverteenwoordiging waar nadat hy nie vir regshulp van die staat gekwalifiseer het nie. Hy sal vandag sy dokumente en verweer in die hof voorlê.