Nanso kondig opstel-wenner môre aan

Die opstel-kompetisie wat deur die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, aangebied is, het afgesluit en die wenner sal môre bekend gemaak word. Die tema van die opstel was die impak van Covid-19 en malaria, regoor die wêreld. Dorothea Nangolo, woordvoerder van die organisasie, sê die doel was om jongmense aan te moedig om te lees en te skryf.