Rusland sal nie in ’24 ruimtestasie verlaat nie

Russiese ruimtebeamptes het hulle Amerikaanse eweknieë ingelig dat Moskou graag sy ruimtevaarders aan boord van die Internasionale Ruimtestasie (ISS) wil hou tot hul eie stasie gebou en in werking is. Dit sal nog minstens ses jaar neem om alles te voltooi. Dinsdag het Yuri Borisov, die nuutaangestelde direkteur-generaal van die Russiese ruimte-agentskap Roscosmos, NASA verras deur aan te kondig dat Moskou van plan is om na 2024 aan die ruimtestasie-vennootskap te onttrek.