Armoede dra by tot misdaad, maar elkeen besluit vir homself

Namibiese misdaadstatistieke toon dat daar in die 2021-2022 boekjaar ‘n gemiddeld van 270 sake daagliks geregistreer, en dit is die sake wat aangemeld word. Daar is talle kenners wat meen dat misdaad aangevuur word deur armoede en drank- en dwelmmisbruik, wat self ook toeneem met toenemende armoede. Die Suid-Afrikaanse kriminoloog dr. Pixie du Toit sê dat terwyl daar baie armoede is, kan elkeen tog vir homself besluit.