IOK-president geskok oor hoe afrigter Russiese sierskaatser hanteer

Olimpiese Spele: Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Thomas Bach, sê hoe die omstrede Russiese sierskaatser Kamila Valieva se afrigter haar hanteer het nadat sy tydens haar roetine by die Winterspele in Beijing geval het, is skokkend. Die 15-jarige atleet is tans onder geweldige druk nadat sy toegelaat is om deel te neem ondanks ‘n positiewe dwelmtoets. Haar afrigter, Eteri Tutberidze, was nie beïndruk toe Valieva die baan onmiddellik ná sy geval verlaat het nie en het haar gevra waarom sy ophou baklei het. Bach beskryf die reaksie as kil.