Koop betyds skoolbenodighede vir leerders

Elke begin van die jaar kom met verskillende uitdagings en beslis geleenthede vir ander. Namibiërs keer terug werk toe, leerders maak gereed vir skool en ander gaan vir die eerste keer skool toe. Ouers en voogde sal op die uitkyk wees vir skoolbenodighede soos uniforms en skryfbehoeftes. Soms weet ouers nie waar om sekere benodighede te kry nie of hulle voel net oorweldig. Colette Rieckert van die Namibiese Privaatskole-vereniging gee raad aan ouers voor die skole weer heropen.