Nanso eis dat skole sluit

Die Namibiese nasionale studente-organisasie Nanso eis dat skole onmiddellik sluit. In ‘n verklaring eis die vakbond ook dat skole onmiddellik gereinig moet word. Nanso vra ook dat landelike leerders en onderwysers ingeënt moet word en verder dat ‘n strategie daargestel moet word om leerders in grade 9, 11 en 12 te prioritiseer. Ambagsopleidingsentrums moet ook aanlyn kursusse aanbied. Nanso vra verder dat maatreëls wat die gebruik van alkohol op die perseel opgeskort word en dat openbare byeenkomste na tien beperk word.