Faf het harsingskudding

Die Protea-speler Faf du Plessis het bevestig dat hy harsingskudding en geheueverlies opgedoen het nadat hy die naweek in die Superliga in Pakistan beseer is. Du Plessis en ‘n spanmaat het tydens die wedstryd tussen Quetta Gladiators en Peshawar Zalmi in Abu Dhabi teen mekaar vasgehardloop toe hulle ‘n grenshou probeer afsny het. Mohammad Hasnain se knie het hom teen die kop getref. Du Plessis sê hy sal reg wees en hoop om binnekort weer op die veld te wees.