NDF-hospitaal het nie Covid-pasiënte behandel nie

Die weermag hospitaal wat Sondag in puin gelê is, is nie vir Covid-pasiënte gebruik nie maar het soldate behandel. Kosmos 94.1 Nuus het dit met ‘n senior beampte bevestig. Die minister, Frans Kapofi het vroeër aan nuusagentskappe gesê die ondersoek na die oorsaak duur steeds voort. Daar was volgens berigte net een pasiënt tydens die voorval in die hospitaal en niemand is beseer nie. Die Covid-ondersteuning wat die weermag aan die gesondheidsministerie bied, duur dus ononderbroke voort.