Nanso bekommerd oor Nust-studente wat uit koshuise gesit is

Die Namibiese Nasionale Studente Organisasie, Nanso, is bekommerd oor die uitsettings van tegniese en beroepsleiding studente uit die koshuise en akkommodasiegeriewe van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Ester Shakela, die nasionale woordvoerder van Nanso, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die studente het by hulle kom kla en Nanso soek na oplossings om die probleem spoedig op te los.