Eerste vroulike Chinese ruimtevaarder vertrek na ruimtestasie

Die eerste vroulike ruimtevaarder vertrek môre na China se nuwe ruimtestasie wanneer die ruimtetuig Shenzhou-13 vanuit die Gobi-woestyn in die noordweste van die land opstyg. Die 41-jarige Wang Yaping sal na verwagting ook die eerste Chinese vrou wees om op ‘n ruimtewandeling te gaan by die Heavenly Palace, soos die stasie genoem word. Wang is deel van ‘n span van drie lede wat na verwagting 183 dae daar sal bly, die langste tydperk wat Chinese ruimtevaarders ooit in die ruimte was. China wil die stasie teen Desember volgende jaar voltooi en ten volle beman.