Namibiese suiwelsektor beloon produsente

Die Namibiese suiwelsektor is een van die netto invoer-sektore wat dit moeilik vind om te oorleef weens ‘n gebrek aan bedryfsbeskerming. ‘n Aantal boere het die sektor al reeds verlaat, omdat hulle nie meer ekonomies kan produseer nie. Ten spyte van die uitdagings gaan sommige egter voort om te produseer. Die Suiwel-produsente Vereniging het hul ledevergadering en gala-dinee buite Gobabis gehou. Dirk van Wyk is die Suiwelprodusent van die Jaar, en Frikkie Duvenhage en Willie van der Schyff het onderskeidelik die tweede en derde plekke behaal. Duvenhage het ook die Laagste Bakterietelling-toekenning ontvang en Van Wyk die Akkuraatste Melkproduksie-voorspelling. Intussen het Superfarm die Japie-trofee gewen vir die beste kwaliteit melk gelewer.