Chinese entstowwe ondoeltreffend

Berigte lui dat die privaatsektor, sowel as groothandelaars en verspreiders Covid-19 entstowwe mag invoer van geloofwaardige bronne. Volgens berigte word die aankoop van die entstowwe beperk tot produkte wat goedgekeur is deur die Namibiese Medisynebeheerraad. Privaat instansies wat deel wil vorm van die inentingsveldtog het vroeër reeds aangekondig dat hulle nie entstowwe sal gebruik wat nie amptelik goedgekeur is nie, en dit sluit goedkeuring van die Wêreldgesondheidsorganisasie in. Die Chinese entstowwe, Sinopharm en Sinovac is nog nie deur die WGO goedgekeur nie alhoewel dit reeds in Namibië gebruik word. Intussen word daar berig dat die Hoof van die Chinese Sentrum vir Siektebeheer George Gao gesê het die Chinese entstowwe is nie doeltreffend nie en dat verbeterings aan die entstof gebring moet word. Chinese owerhede het nog geen kliniese data oor die entstowwe, of hulle proewe bekend gestel nie.