NamWater se skuld kan nie afgekskryf word nie – Calle

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein, sê die versoek deur die Okakarara- en Otavi dorpsrade om NamWater-skuld van 56 miljoen Namibiese dollar af te skryf is onvolhoubaar. Die dorpsrade sê hulle kan nie die rekenings, wat 14 miljoen en 41 miljoen dollar beloop, betaal nie as gevolg van swak inkomste. Volgens Schlettwein sal dit eenvoudig die probleem op NamWater plaas. Die twee dorpsrade het die versoek gebring tydens die minister se streeksbesoek aan Otjozondjupa. Op Okakarara sê die burgemeester, Olga Tjiurutue, is 60 persent van waterverbruik onverklaar met 40 persent wat verlore gaan as gevolg van verouderde infrastruktuur en 20 persent as gevolg van foutiewe watermeters en onwettige verbindings. Otavi wil die akwifer benut en onafhanklik wees van NamWater.