Lula klop Tropical Trump net-net

Luiz Inacio Lula da Silva het President Jair Bolsonaro naelskraap verslaan in ‘n tweede verkiesing. Brasilië se hoogste verkiesingshof het Lula tot die volgende president verklaar, met 50,9 persent van stemme teenoor 49,1 persent vir Bolsonaro. Die 77-jarige Lula se inhuldiging is geskeduleer vir 1 Januarie. Bolsonaro het nog geen aankondiging gemaak nie terwyl Lula reeds met sy ondersteuners gepraat het. Dit is nie bekend of hy die uitslag sal uitdaag nie. Bekend as Tropical Trump, het Bolsonaro reeds weke gelede die kiesstelsel as korrup en bedrieglik beskryf.