NamWater rantsoeneer water aan Rundu

Die hoof uitvoerende beampte van NamWater Abraham Nehemia sê water sal aan Rundu gerantsoeneer word. Dit volg na verskeie onderbrekings die afgelope paar weke. Rundu is op voorafbetaalde water by NamWater as gevolg van skuld van meer as 124 miljoen dollar aan die watervoorsiener. Nehemia sê water sal tot en met 27 Oktober so aan die dorp verskaf word om die dorpsraad ‘n geleentheid te bied om fondse te mobiliseer. Inwoners skuld die raad meer as 300 miljoen dollar in onbetaalde rekenings. Nehemia sê water sal tussen vyfuur en nege-uur soggens en tussen vyfuur namiddag tot nege-uur saans voorsien word.