UNESCO Media-week in SA

Suid-Afrika is die gasheer van die 10de UNESCO Wêreldwye Media-inligting en Geletterdheidsweek wat aanlyn gehou gaan word. Dit vind vanaf môre tot 29 Oktober plaas en die onderwerp is “Media- en inligtings-geletterdheid vir almal se béswil”. Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sal namens President Cyril Ramaphosa die openingstoespraak lewer. Motshekga sal ook ‘n lesing aanbied onder die titel “Staatsverbonde reaksie op media en inligtingsgeletterdheid-beleid en strategieë”. Suid-Afrika is die eerste Afrikaland suid van die Sahara wat die geleentheid aanbied, wat voorspraak maak vir ‘n beter ingeligde media en bevolking.