Mengsel van entstowwe gee beter beskerming

Die jongste navorsing in verband met Covid-inentings toon dat die vermenging van entstofsoorte beter immuniteit bied. Gesondheidswerkers in Frankryk wat die eerste dosis AstraZeneca ontvang het en met Pfizer vir die tweede dosis ingeënt is, ‘n baie sterker immuunreaksie getoon het. Die vermenging van entstowwe is nie ongewoon in die wetenskap nie en navorsers sê die jongste studie toon dat dit ook van toepassing is op Covid. Die navorsers het bevind dat beskerming wat die twee soorte entstowwe bied beter is as twee dosisse Pfizer.