NamWater rantsoeneer Swakopmund se water

Inwoners en besoekers aan Swakopmund se krane sal nou snags toegedraai word om die watertoevoer-uitdagings aan te spreek. NamWater het in ‘n verklaring die munisipaliteit van Swakopmund ingelig dat waterrantsoenering as voorkomende maatreël toegepas sal word om te verseker dat die kusdorp se krane nie leegloop nie. Tot 18 Januarie 2023 sal waterrantsoenering vanaf saans elf-uur tot soggens vyf-uur plaasvind. Die munisipaliteit het ook al vroeër ‘n beroep op inwoners en vakansiegangers gedoen om liewer gebottelde water te gebruik om water te help spaar.