SSA: Vleis-inflasie styg skerp

Data van Statistieke Suid-Afrika toon vleis-inflasie in die buurland is op sy hoogste vlak sedert November 2017. Veeboere het oor die jare steeds toenemende kostedruk ondervind weens stygende pryse van rou voer. ‘n Daling in die slag van vee, verminderde invoer van hoender, asook die hoë verbruikersvraag, dra alles by tot die hoë pryse. Die landbou-ekonoom, Paul Makube, sê die vraag na vleis is veral hoog gedurende die feestyd.