NamWater draai Swakop se krane stywer toe

Swakopmund se inwoners en besoekers moet ook water spaarsamig gebruik om watertekorte te voorkom. Volgens die munisipaliteit is NamWater se produksie- en voorsieningskapasiteit vir drinkbare water onder erge druk by sy twee hoofbronne, die Omdel-boorgatskema en die Orano-ontsoutingsaanleg. NamWater is ook tans besig om belangrike elektrisiteits-infrastruktuur te rehabiliteer en om pomp-toerusting by die Omdel-boorgatskema te vervang, soos. Linda Mupupa, skakelbeampte van die munisipaliteit aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.