Mantashe en Shell kan Appèlhof toe

Die Oos-Kaapse hooggeregshof in Makhanda het die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, en die multinasionale olie- en gasmaatskappy, Shell, toestemming gegee om die Appèlhof te nader oor sy vroeëre beslissing oor seismiese opnames aan die Wildekus. Die hof het die minister se besluit verwerp om ‘n opsporingsreg en gevolglike hernuwings aan Impact Africa toe te staan, wat later aan Shell oorgedra is. ‘n Finale besluit oor ‘n opsporingslisensie wat aan Shell toegestaan is, sal volgende jaar geneem word.