Paul Ludik môre ter ruste gelê

Die voormalige hoof van Nampol se forensiese instituut, dr. Paul Ludik, wat op 22 Junie in die ouderdom van 61 gesterf het, se herdenkingsdiens sal môreoggend om 11-uur by die forensiese instituut in die Onafhanklikheids-rylaan in die hoofstad plaasvind. Ludik het op 31 Augustus afgetree, maar was steeds ‘n konsultant en adviseur vir die instituut. Volgens ‘n verklaring van die inligtingsministerie, is Ludik se begrafnisdiens ‘n private aangeleentheid met net sy familie teenwoordig.