NamRA skenk gekonfiskeerde mediese toerusting

NamRA het 342 items van verbeurde mediese toerusting en instrumente aan die gesondheidsministerie geskenk. Die goedere het ‘n geraamde waarde van 64 000 Namibiese dollar. Volgens die agentskap is die goedere bekom na daar op handelaars toegeslaan is weens oortreding van die wetgewing op doeane en aksyns. Na 90 dae is geen eise ingedien nie. Die geskenkte mediese goedere sluit mediese stoele, mediese uitrustings, beddens, toestelle, en ontleders van bloeddruk, glukose en meer in.