Amper nul aktivisme tydens 16 Dae…

Die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld het afgeskop en duur tot Saterdag, op Menseregtedag. Namibiërs is taamlik stil oor die stryd teen geslagsgeweld in die land en ‘n mens wonder of dit nie ‘n groot kwessie van kommer vir Namibiërs is nie, want niemand is werklik aktief met betogings nie. Daar word steeds voorvalle van geslagsgeweld gedurende die 16 dae by die polisie aangemeld. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha gesels oor wat sy standpunt is oor die gebrek aan aktivisme teen geslagsgeweld.