Koeberg word eers vanmiddag ontkoppel

Eskom het aangekondig die ontkoppeling van Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad is tot vanmiddag uitgestel om die stelsel eers bestendig te maak. Dit volg omdat die kragvoorsiener byna rekordvlakke van onbeplande onklaarrakings ondervind. Volgens berigte is 47 persent van die netwerk tans buite werking. Sommige Suid-Afrikaners sal na verwagting meer as tien uur per dag sonder krag moet klaarkom, teen ʼn koste van sowat 3 miljard Suid-Afrikaanse rand per dag vir die ekonomie. Die hele buurland sukkel en Stad Johannesburg se kraginstelling, City Power, sê hy het alle beskikbare personeel ontplooi om die uitdaging van fase ses-beurtkrag in die stad die hoof te bied. Dit volg aangesien onderbrekings en gevalle van kabeldiefstal waarskynlik sal toeneem. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Infrastruktuurdienste, Michael Sun…